Miere onder die krismisboom

Deel hierdie storie / Share this story

Hierdie is nie jou gewone Kersfees nie.

Hier is geen Kindergesiggies soos die sterre se liggies of die stemmetjies wat Al was ek nie daar nie uit volle bors sing nie.

Hier is nie swiets wat hang aan Kerskouse voor die kaggel of melk en koekies en briefies aan Kersvader nie.

Hier maak dit nie saak of jy die naughty- of nice-lys gehaal het nie.

Nee, maar hier is nat soene en modderpote en hondehare op Ouma se wit krismisrok.

Iemand het ’n stuk skaapboud van die tafel af gevreet.

Hier is ’n geblaf en sterte wat swaai en tennisballe wat waai.

Hier onder die Krismisboom is vir albei ’n bruin kardoesie met hul name op – droëwors van Oupa af.

Hy het hulle darem onthou, maar lekker is maar net ’n vinger lank, want te veel gee hul goormagie.

Hier is ’n lawaai en ’n geblaf,

maar al wat oorbly wanneer almal slaap

is ’n Stille Nag, Immanuel-God met ons en miere onder die Krismisboom.

Geskryf deur Carol Symington