OOS-KAAP. – Ses mense is in hegtenis geneem in verband met die skietery wat op Kersdag op Mt. Ayliff plaasgevind het en sewe mense se dood veroorsaak het.
’n Groep van 12 mense het in die skietery seergekry. Volgens Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, word daar vermoed die insident is taxiverwant.
Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die verdagtes is op 26 Desember in hegtenis geneem na hulle uit die hospitaal ontslaan is.
“Daar bestaan ’n moontlikheid vir nog inhegtenisnemings,” sê hy.



