Bejaarde vrou (71) word vermis

Deel hierdie storie / Share this story

UPINGTON. – Die polisie soek hulp met die opsporing van ‘n bejaarde vrou, Johana Malgas (71), wat op Maandag 21 Desember by Leseding opUpington vermis geraak het.

Malgas het omstreeks 18:00 in die omgewing gaan kuier, maar sy het nooit huis toe teruggekeer nie. Sy het ’n oranje oorpak en swart skoene met ’n doek op haar kop aangehad. Die polisie versoek enigiemand wat weet waar Johana is, om Isaacs by 082 4439 215 of 054 337 3437 te kontak.