Spookstorie-reeks: gegooi met kookwater

Deel hierdie storie / Share this story

*** Spookstories word deur FiND iT-lesers ingestuur en is nie die opinie van FiND iT nie.***

Stuur jou spookstorie na [email protected].

Jare gelede het my ouma gereeld snaakse dinge in haar huis beleef. Onder andere het sy gereeld ’n gedaante in haar huis sien loop. Dit het vir lank aangehou en sy het later bang geword, want die gedaante het veral in die nag, wanneer sy alleen was, opgedaag.

Sy het na ’n tyd besluit om iemand wat insig van toordery en geeste het, te gaan sien. Die persoon het vir haar gesê om wanneer sy die gedaante weer sien, water op die stoof te kook en die gedaante daarmee te gooi.

Sy het haarself voorberei en toe sy die gedaante weer sien, het sy water op die stoof gekook. Sy het rustig gewag totdat sy hom weer sien en en het hom toe met die kookwater gegooi.

Die gedaante het die vreeslikste skreeugeluid gemaak en verdwyn. Sy het hom nooit weer gesien nie.

’n Paar dae daarna het sy deur mense uitgevind haar buurvrou het verskriklike erge brandwonde met kookwater opgedoen en niemand weet hoe dit gebeur het nie.