August 4, 2021

Vragmotorbestuurder in hegtenis na busongeluk

Foto: Twitter

Die vragmotorbestuurder (30) wat gister in ’n ongeluk met ’n bus op die Van Reenen-pas betrokke was, is in hegtenis geneem.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die vragmotor na bewering ‘n U-draai gemaak toe die Greyhound-bus teen die sleepwa van die vragmotor gebots. Een persoon, die busbestuurder (54), is tydens de ongeluk oorlede.

’n Saak van strafbare manslag is geopen. Die vragmotorbestuurder sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *