“Moenie glimlag wanneer ’n misdadiger ’n geweer uithaal nie, want daardie geweer het nie ’n kamera om ’n foto te neem nie,” het Bheki, Cele, minister van polisie aan die owerhede in Kimberley gesê.
Cele sê dit is belangrik om hard teen misdadigers op te tree. Hy sê polisielede het geen rede om ’n verhouding met misdadigers te hê nie. Hy sê beamptes moet goeie burgers met respek behandel, maar misdadigers moet gestraf word.
“Sommige gaan my kommentaar verkeerd interpreteer as ‘n beroep op die polisie om gewelddadig te wees, maar ek sê net die polisie het ook menseregte. Hulle moet hulself beskerm en die wet toepas,” las Cele by.



