Die Wes-Kaapse hooggeregshof het uitspraak gelewer in die Demokratiese Alliansie (DA) se saak oor Tuinroete-strande wat vir die feestyd toe is.
Die uitspraak is ten gunste van die toemaak van Tuinroete-strande, maar die tye vir strande wat wél op sekere tye oop is, is aangepas. Waar dié strande slegs van 09:00 tot 18:00 vir die publiek oop sou wees, sal dit nou van 06:00 tot 19:00 oop wees.
In ‘n verklaring sê die DA hy is steeds bekommerd oor die impak wat die sluit van die Tuinroete-distrik se strande op die toerismebedryf oor die feestyd sal hê.



