Paartjie van die week – Kimberly and Alex Schaaf

Deel hierdie storie / Share this story

Dit was liefde met die eerste oogopslag. Hulle het mekaar se oog gevang en albei het in daardie oomblik geweet hulle hoort bymekaar.

Kimberly (27), ’n praktyk besturende prokureur, en Alex Schaaf (37), ’n glas-tegnikus, is al sewe jaar ’n paartjie en het onlangs die knoop deurgehak. Hier vertel hulle vir FiND iT hulle liefdesverhaal.

Hoe het julle ontmoet?

“Ons het deur vriende ontmoet. Hulle is ’n getroude paartjie en die vrou is my vriendin. Haar man is my man se kollega. Hulle het ons aan mekaar voorgestel,” sê Kimberly.

Hoe het jy geweet hy/sy is die een?

“Dit is moeilik om te beskryf, maar ons het mekaar se oog oor die vertrek gevang en ons altwee het op daardie oomblik net geweet. Hy het presies dieselfde gevoel.”

Die twee is sedertdien al sewe jaar saam en nou twee weke lank getroud.

Wat maak julle verhouding uniek?

“Ons is twee onafhanlike mense wat glad nie jaloers is nie. Ons vertrou mekaar 100%. Ons is ook tot die uiterste oop en eerlik met mekaar.”

Hoe staan julle saam deur moeilike tye?

“Ons bid saam gedurende moeilike tye. Ons probeer ook om saam te wees en saam te werk om dinge uit te sorteer.”

Wat is die lekkerste ding vir julle om saam te doen?

“Eet! Ons is lief vir lekker kos en ons is ook lief vir die natuur, so ons gaan gereeld op uitstappies in die natuur.”

Wat is julle toekomsplanne?

“Ons hoop om my eie onderneming saam te besit en ’n groot huis met baie reddingsdiere en kinders te hê!”

Onthou om jou paartjie van die week te nomineer.