Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het Sondagaand die nuutste Covid-19-syfers in Suid-Afrika bekendgemaak.
Die infeksiesyfer het oornag met 9 445 meer geword. Daar is nou in totaal 921 922 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 24 691 en 793 914 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 6 140 839 toetse vir die virus doen.



