Vrou wat op pad na hospitaal verdwyn, gevind

Deel hierdie storie / Share this story

GEORGE. – Caren Odendal, wat vanaf 17 Desember 2020 vermis was nadat sy glo deur ’n ambulans na ’n Covid-behandelingsentrum buitekant George geneem is, is gevind.

Sy is ongedeerd en ontvang behandeling in die George provinsiale-hospitaal.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.