Aanrandingslagoffer verdwyn glo met kinders

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN. – Celente Janse van Rensburg het glo met haar twee dogtertjies van 13 en 28 maande oud verdwyn. Sy was laas op Woensdag 2 Desember 2020 in Durban gesien.

Janse van Rensburg was glo in 2019 deur haar verloofde, Henry Joubert aangerand. Joubert het in Februarie 2019 in die hof op aanklagte van aanranding en gesinsgeweld in die hof verskyn.

Joubert is ook die pa van die twee kinders.

Indien enigiemand weet waar Janse van Rensburg haarself bevind, skakel asseblief vir kapt. Radebe by 083 643 2629.