Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 9 126 meer geword. Daar is nou 892 813 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 24 011 en 780 313 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 6 011 235 toetse vir die virus doen.



