Buddy snuffel dwelms uit

Deel hierdie storie / Share this story

PARKTOWN. – Buddy, die snuffelhond, het Dinsdag 15 Desember polisielede trots gemaak toe hy weggesteekte heroïne met ’n geskatte straatwaarde van R1,4 miljoen uitgesnuffel het.

 Die polisie het ’n dwelmbesending vir Griekeland onderskep. Twee verdagtes is in hegtenis geneem en van die besit van dwelms aangekla.