February 25, 2021

Kerstyd of stoksielalleen-tyd

Kerstyd is sinoniem met familietyd, geluk, vreugde en liefde. Maar wat van diegene wat alleen is? Diegene wat niemand het om hierdie tyd mee te spandeer nie. Dit is so maklik om in ’n diep en donker gat te beland – deur alleen te wees terwyl almal anders iemand het om Kerstyd mee te deel.

Irene Haasbroek van Ateraksie praat van beskermende faktore wat jou deur hierdie tyd kan help.

Hanteer jou emosies en gevoelens

Bestuur ongemaklike en negatiewe gevoelens op ’n gesonde manier. Wees bewus van jou eie emosies en weet hoe dié emosies jou gedrag beïnvloed.

Kyk na jouself

Om na jou fisiese welstand om te sien, is belangrik en baie goed vir die siel. Kry gesonde slaap. Gaan sit buite of stap om die blok vir vars lug. Om aktief te wees, dra by tot ‘n gesonde geestestoestand.

Positiewe denke

Irene sê gesonde denkpatrone is die vermoë om alle persoonlike sterkpunte en swakpunte rasioneel te oorweeg en nie enige foute, swakpunte of probleme te oordink nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: