February 25, 2021

Kerstyd is koekie-tyd

Die reuk van vars koekies wat deur die huis dans, vroeg oggend opstaan om te bak en deugskrapers en houtlepels aflek wanneer die koekies in die oond is… wat ’n herrinering!

Wanneer die Kerstyd nader kruip, haal mens gewoonlik daardie tradisionele koekieresep van Ouma uit. Hier is ’n maklike en smaaklike chocolate chip koekie resep wat jy verseker moet maak.

Bestandele:

  • 2 koppies botter (500ml)
  • 4 eiers
  • 2 teelepels vanielje geursel (10ml)
  • 2 koppies bruinsuiker (500ml)
  • 2 telepels koeksoda (10ml)
  • 2 koppies wit suiker (500ml)

Droë bestandele:

  • 5 koppies fyngemaakte oats (1250ml)
  • 4 koppies meel (1000ml)
  • 1 teelepel sout (5ml)
  • 2 teelepels bakpoeier (10ml)
  • 680g chocolate chips
  • 2 koppies neuter (500ml) – opsioneel

Metode :

Meet die oats af en maak dit fyn in ’n voedselverwerker. Room die botter en beide die suikers saam. Voeg vanielje geursel en eiers by en klits dan goed. Sif die meel in ’n apparte bak en voeg by die res van die droë bestanddele. Voeg die droë bestandele by die mengsel asook die koeksoda (opgelos in 10ml louwarm melk). Knie die mengsel tot alles ingemeng is. Rol in bolletjies, druk plat en bak vir 10 minute teen 180 grade Celsius.

Geniet dit!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: