Dirk van der Westhuizen het aanhangers bekommerd gehad na hy dié video op Facebook geplaas het.
Nogal bang
“Ek lê tans in die Eugene Marais-hospitaal en wag om oorgeplaas te word. Ek weet dit is net my blindederm, maar ek is nogal bang. Dit is my eerste operasie,” sê Van der Westhuizen in sy video.
Hy vra ook almal se gebede en sê mense moet asseblief aan hom dink.
Gekanselleer
Van der Westhuizen het aanvanklik gedink hy sal nog sy Wes-Kaap konserte kan bywoon, maar het later aangekondig dit is gekanselleer. Hy bedank al sy aanhangers vir die boodskappe en almal wat aan hom gedink het.
“Net so bietjie gepuncture, nie te bad nie. Net bly ek het nie afgeblaas nie,” lui sy laaste inskrywing.



