NEBRASKA. – ’n Pa (40) het twee jaar tronkstraf en sy dogter (20) 22 dae tronkstraf gekry nadat die twee glo vir drie jaar lank ’n seksuele verhouding gehad het en met mekaar getrou het.
Alhoewel die pa se naam nie op sy dogter se geboortesertifikaat voorkom nie, is daar biologies bewys dat hy haar pa is. Hy het haar glo vir die eerste keer ontmoet toe sy 17 jaar oud was, waarna die twee se seksuele verhouding begin het.
Hy het voortgegaan om met haar te trou, al was hy bewus daarvan dat owerhede ondersoek na hom instel. Al twee is in verband met bloedskande in hegtenis geneem.
Die pa is gewaarsku om na sy vrylating van sy dogter af weg te bly.



