AUSTRALIË. – ’n Man (23) het erken hy het sy babaseuntjie van sewe weke oud doodgeskud omdat die baba se gehuil sy videospeletjie onderbreek het. Hy het glo die baba daarna weer terug in sy wiegie gesit en die videospeletjie verder gespeel voordat hy gaan slaap het.
Die man het glo eers vir sy vrou en mediese personeel gelieg en gesê die baba het geval. Na ondersoeke gewys het die baba kon nie sulke tipe besering as gevolg van ’n val opdoen nie, het die pa glo uit die hospitaal gevlug. Hy het homself glo later aan polisie oorhandig en skuld erken.
Hy het onlangs in die hof skuld erken en kan tot en met 20 jaar tronkstraf in die gesig staar.



