Covid-19: Nuutste syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is steeds op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 7 999 meer geword. Daar is nou 860 964 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 23 276 en 761 011 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 859 178 toetse vir die virus doen.