WORCESTER. – Charles Steven (65) is tot twee keer 25 jaar tronkstraf, wat terselfdertyd uitgedien sal word, vir die verkragting van sy pleegdogters gevonnis.
Die meisies van onderskeidelik 11 en 12 jaar oud is van hul biologiese ouers af weggeneem weens verwaarlosing. Die voorvalle het in Maart 2018 plaasgevind.
Steven se vrou was glo nie van die mishandeling bewus nie, aangesien dit gebeur het terwyl sy slaap. Hy het die meisies met die tronk gedreig en ook vir hulle geld en lekkernye belowe.
Die mishandeling het aan die lig gekom nadat die 12-jarige by die skool siek geword het en toe na n plaaslike kliniek geneem is.



