MOORREESBURG. – Leila, ’n Pitbull wat is uit ’n informele nedersetting op Moorreesburg, naby Durbanville, gered is, benodig hulp.
Richelle van Dyk van Dead Animals Walking, ’n nie-winsgewende-organisasie geleë in Joostenbergvlakte, gesels met FiND iT… Van Dyk sê Dead Animals Walking is besig om ’n sensus te doen in die informele nedersetting Moorreesburg. Hulle doen huisbesoeke en kyk na die toestand van die diere. Dis toe dat hul vir Leila die Pitbull gekry het.
Leila bly saam drie ander honde
“Leila was in ’n baie slegte toestand. Sy het saam met drie ander honde gewoon, waarvan almal manlik is. Twee van hul was haar eie babas en was alreeds sewe tot ag maande oud.”Van Dyk sê dat hul het aanvanklik gedink Leila is gebruik vir teling. Haar anus en vulva was geskeur en groot oop. Haar maag was groot en dit het voorgekom asof sy weer dragtig is. Met verdere ondersoek het hulle gesien Leila het geen melk nie. Sy is na ’n veearts toe gevat en die veearts se terugvoering was volgens van Dyk skokkend.
Leila is n slagoffer van verkragting
Leila is ’n slagoffer van verkragting. Die skade wat gerig is aan haar geslagsorgane en inwendige organe is so erg, hul vermoed dit moes deur ’n mens, of ’n mens met ’n objek, gedoen word. Leila is gediagnoseer met Verminosis, wat verduidelik hoekom sy maer is, en “Transmissible Venereal Tumor” (TVT), ‘n seksueel oordraagbare kanker. Boonop het sy infeksie ook opgetel.
Leila is opgeneem in die hospitaal
Leila is tans opgeneem in die dierehospitaal. Dead Animals Walking wag nog vir ’n rekening op hoeveel Leila se behandeling gaan kos. Volgens van Dyk het daar nog net ’n paar klein donasies gisteraand ingekom.
Leila benodig donasies
Leila verdien om menslike liefde te ervaar, sê van Dyk. Vir meer inligting oor die donasies vir Leila besoek asseblief Dead Animals Walking se Facebook-blad.




