’n Mamma het onlangs anoniem ’n foto van haar baba se lang naels op die internet geplaas. Die baba se naels was nie net lank nie, maar is gemanikuur en in ’n amandelvorm gevyl.
Baie ouers het hulle kommer op die internet uitgespreek en voel dit grens aan kindermishandeling, aangesien die baba haarself en ander met die lang naels kan seermaak.
Wat dink jy hiervan en sal jy dit met jou baba doen?



