Die onafhanklike Suid-Afrikaanse gruwelfilm, 8, het pas drie toekennings op die 11de Britse gruwelfilmfees in Londen gewen. Die film is in Mei vanjaar deur Netflix uitgesaai.
Dié film het op Maandag 7 Desember die toekenning vir die beste rolprent, beste musiek en beste akteur (Tshamano Sebe) gewen.
Die oorwinning volg op die hakke van ’n onlangse ondertekening van ’n Britse en Poolse verspreidingsooreenkoms wat die Wêrelddistribusielys na tien gebiede, waaronder die VSA, Rusland en Duitsland, bring.
Suid-Afrikaners kan 8 op Netflix kyk.



