China het sy sogenaamde “kunsmatige son” – ‘n kernfusiereaktor wat nog jare energie kan vervaardig – geaktiveer.
Die reaktor genereer krag deur kragtige magnetiese velde op ‘n lus met warm plasma, wat temperature van meer as 150 miljoen ⁰C kan bereik, aan te wend. Dit is 10 keer warmer as die kern van die son, maar magnete en verkoelingstegnologie hou dit in bedwang. Die reaktor, wat ‘n “kunsmatige son” genoem word vanweë die enorme krag en hitte wat dit lewer, is verlede jaar voltooi.
Volg FiND iT hier.



