Student vermoedelik met haar eie broek verwurg

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – Phuthi Ramara (21) is vermoedelik aangerand, verkrag en met haar eie broek verwurg. Sy is geïdentifiseer deur ’n tatoe op haar nek.

Ramara se kaal liggaam is op ‘n speelgrond in Protea Glen, Uitbreiding 31 deur ‘n drawwer gevind. Sy was ’n tweedejaarstudent. Sy het regte aan die Universiteit van Johannesburg studeer.

Nie geweet sy is vermis nie

Ramara het by haar ouma, wat haar grootgemaak het, gebly. Carol Hlongwane, familieverteenwoordiger, het aan IOL gesê die familie het nie geweet Ramara was vermis nie. Volgens Hlongwane het die familie gehoor van ’n liggaam wat in die veld gevind is. Hy sê hulle het eers besef dit is Ramara se liggaam toe ’n vriend en familielid Ramara se ma na die polisiekantoor neem.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval.

Volg FiND iT hier.