August 4, 2021

Man op plaas aangetref, glo aangerand, toe dood

DELAREYVILLE- ‘n Man wat hier op ‘n plaas betrap is, is na bewering deur vyf ander mans aangerand.

Brig. Sabata Mokgwabone, van die polisie in Noordwes, sê Phillip le Roux (33), Mike Bass (41), Samuel Modukanele (53), Martin le Roux (60) en Paul Michau (70) word daarvan aangekla dat hulle Petrus Thamaga Saterdag op ’n plaas op Vergenoeg aangerand het.

Thamaga is op die plaas betrap en is van diefstal beskuldig. Hy is glo toe aangerand. Na die voorval het werkers op die plaas die slagoffer se familie gebel en ingelig oor die voorval. Die slagoffer is deur ’n familielid opgelaai en polisiestasie toe geneem. Die slagoffer is in die pad afgelaai en dis toe dat hy inmekaarsak en oorlede is.

Die verdagtes het Maandag in die Delareyville-landdroshof voorgekom waar hulle elk borgtog van R5 000 gekry het.

Lt.genl. Sello Kwena het dit duidelik gemaak dat die polisie nie geduld sal hê teenoor enige mense wat eie reg gebruik/eiemagtig optree nie.   

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *