April 19, 2021

Koronabesmette nertse staan glo uit grafte op

DENEMARKE. – Nasionale paniek het uitgebreek nadat koronabesmette nertse glo “uit die dood uit” opgestaan het. Regeringsamptenare in Denemarke is nou van plan om die dooie nertse op te grawe nadat die land verlede maand van plan was om die hele nertsbevolking uit te wis. Dit het gebeur omdat gevalle van nertse wat met ’n gemuteerde stam van die nuwe koronavirus besmet was, aan mense gekoppel kon word.

Die haastige wyse waarop die nertse uitgewis en begrawe is, het daartoe gelei dat die gediertes net in vlak grafte begrawe is. Later het dit gelyk asof die nertse uit die dood te voorskyn gekom het.

Wetenskaplikes glo egter dat die gasse binne die karkasse ontbind het, dit laat opswel het en só die nertse bo die grond uitgedruk het.

Dit lyk waarskynlik dat die karkasse sal opgegrawe en in dieper grafte begrawe word, maar intussen word die gebied steeds 24 uur per dag gemonitor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: