Busbestuurder dood in botsing

SPRINGFONTEIN. – ’n Busbestuurder is noodlottig tydens ’n botsing met ’n sleepwa op die N1-suid, ongeveer 15 km vanaf Springfontein, beseer.

Toe ER24-paramedici kort na 04:00 op die toneel aankom, het ’n groot aantal passasiers in die veld gestaan. By verdere ondersoek het paramedici bevind die busbestuurder was steeds in die dubbeldekkerbus vasgekeer. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is deur paramedici dood verklaar. Van die 49 passasiers aan boord het slegs een persoon ligte beserings opgedoen, maar wou nie na die hospitaal vervoer word nie.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: