Laat die son skyn waar die son nie skyn nie

Foto: Facebook (Brian Coones Yoga and Adventures)

“Ek het vir 15 minute gister butthole sunning gedoen. Ek voel vol energie vir die week wat voorlê. Ek het nie eers vanoggend my koffie nodig gehad nie. Toe die son sy verskyning maak, was ek reeds fris en vars. Moenie net my woord daarvoor vat nie, probeer dit self en ervaar die energie van die son deur jou anus.”

Brian Coones, bekende joga-instrukteur in Columbus, is een van die vele voorstanders van die nuutste gesondheidsfoefie, butthole sunning. Coones is al vir meer as 10 jaar ’n fiksheidsafrigter wat in joga spesialiseer.

“Jou anus word as jou vierde oog beskou en is direk aan jou derde oog verbind,” skryf hy. “Om sonlig deur jou anus te ontvang, is een van die beste maniere om jou hele sisteem te herlaai.”

Alhoewel sommige kenners voel dat daar geen waarheid hierin sit nie, is ander weer vas oortuig dat dit die beste manier is om jouself te herlaai.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: