Pofadder neem van geliefde leraar afskeid

Foto: NG Wes-Kaapland (Facebook)

POFADDER – Alwyn Roux, ’n dominee van Pofadder in die Noord-Kaap, het einde Oktober sy stryd teen Covid-19 verloor.

Daar is Sondag 29 Oktober ’n huldigingsdiens by die NG Kerk Pofadder gehou, wat volgens NGK Wes-Kaapland deur sy jarelange vriend en kollega Danie O’Reilly waargeneem is.

Annas van der Merwe, hoofouderling, het in sy huldeblyk geskryf: “Die gemeente van die dorp Pofadder in die afgeleë Boesmanland is verslae na die onverwagte afsterwe van hulle leraar, ds. Alwyn Roux. Ds. Roux en sy eggenoot, Miemie, het die gemeente sedert Januarie 2013 gedien na hulle ’n beroep van Benoni-Oos na Pofadder aanvaar het.”

Die egpaar het einde Oktober 2020 die Covid-19-virus opgedoen en is in die Panorama-hospitaal in Parow opgeneem en behandel.

“Ons innige simpatie aan sy vrou, Miemie en sy kinders, Hybré en Alwyn Junior.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: