Nóg ’n babalykie in plastieksak gevind

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG – ’n Babaseuntjie se liggaam is Woensdagaand in ’n plastieksak by ’n woonstelkompleks in Johannesburg gevind.

Volgens ER24 was paramedici om 18:30 op die toneel na lede van die publiek die baba gevind het. “Die babatjie het ongelukkig geen teken van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die polisie ondersoek die voorval.

’n Vyf dae oue babaseuntjie is Maandag in ’n asblik in die Bloemfonteinse middestad gevind. Lees meer hier.