Minstens een dood in gru-botsing toe vragmotor beheer verloor

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL – Verskeie nooddienste het Donderdagoggend om 10:21 reageer op ’n botsing op die N3 net voor die Marionhill-tolhekke.

Volgens Netcare 911 dui verslae daarop dat die bestuurder van ’n vragmotor op ’n afdraand beheer verloor het en so in verskeie motors vasgery het.

Paramedici het vasgestel verskeie mense het beserings opgedoen. Sommige van die mense het geringe beserings opgedoen terwyl ander steeds om 11:00 in sommige van die voertuie vasgekeer was.

Een persoon is dood verklaar na paramedici resussitasie probeer toepas het.