KYK: Man vermoedelik deur taxibestuurder aangerand

Foto: Skermgreep

KAAPSTAD. – ’n Video wat wys hoe drie mans ’n man op die N2 tussen Bhunga- en Jan Smutsweg aanrand, is vandag oral op Facebook gedeel.

Op die video kan gesien word hoe die drie mans ’n man skop en slaan voor ’n persoon intree. Die slagoffer beland dan op die grond en die drie mans hou hom aan skop en slaan hom met ’n sak.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die Athlone-polisie ondersoek ‘n algemene aanrandingsaak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: