April 19, 2021

Huiseienaar tydens huisroof geskiet

Foto: Canva

DURBAN. – ’n Huiseienaar is geskiet toe ’n aantal verdagtes ’n huis in Clare Hills binnegedring het en die inwoners met ’n vuurwapen gedreig het.

’n Bakleiery het ontstaan

ArriveAlive berig daar het na bewering ’n bakleiery ontstaan wat daartoe gelei het dat die huiseienaar geskiet is. Hy is op die toneel deur paramedici behandel en gestabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg geneem is.

’n Motor gekaap

Die verdagtes het daarna te voet van die toneel gevlug en ’n Suzuki Swift wat in die area gestaan het, gekaap. Die motor is later verlate langs ‘n grondpad langs die Umgenirivier gevind. Die polisie ondersoek die voorval. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: