Drie van dieselfde skool vermis

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Drie leerlinge van Intermediêre Skool Mafube in Phuthaditjhaba word sedert 20 November vermis.

Nooit teruggekeer

Trudy Twala, Karabo Dlamini en Reamohetswe Maria Mohale is laas in hulle skoolklere gesien, maar hulle het nooit teruggekeer huis toe nie. Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ’n paar dae gelede het die vermiste leerlinge foto’s op Facebook geplaas.

Skooldrag in asdrom

Volgens Makhele is hulle skooldrag in ’n asdrom naby een van die leerlinge se huis in Mantsubisestraat gesien. Enigeen met inligting oor waar hulle hulself bevind, moet kol. Lekhaoli Thito by 082 414 9736 of kapt. Thabiso Moholo by 083 750 5366 kontak.

Volg FiND iT hier.