April 19, 2021

Derde plaasaanval in vyf dae vir die Vrystaat

Foto: Canva

VRYSTAAT. – Mdesheni Radebe, ’n plaaswerker op Petrus Steyn, is Woensdag om 02:00 in sy huis oorval en beroof.

Met ’n vuurwapen

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê twee verdagtes het Radebe met ’n vuurwapen aangehou en sy motor, kontant en kruideniersware beroof. Sy bruin Toyota Corolla is gistermiddag 15 km buite Petrus Steyn opgespoor waar die twee verdagtes dit vermoedelik langs die pad gelos het.

Op borg vrygelaat

Intussen is Jacob Makoena op borg van R3 000 vrygelaat. Hy word daarvan verdink dat hy Jan de Kock (69) ses jaar gelede buite Pertus Steyn vermoor het. Nog ’n vermeende aanvaller, Papi Mfokeng, is Maandag op borg vrygelaat nadat hy Maandag in verband met ’n plaasaanval in hegtenis geneem is.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: