Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 4 173 meer geword. Daar is nou 796 472 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 21 709 en 734 305 persone is van die virus genees.



