September 27, 2021

Parlementslid bedank na ‘gay orgie’

Foto: The Times

’n Hongaarse parlementslid wat voorheen gespog het dat hy persoonlik verantwoordelik was vir die grondwet in Hongarye wat ’n huwelik slegs as tussen ’n man en vrou definieer, het bedank na hy saam met 24 ander mans ’n homoseksuele sekspartytjie bygewoon het en inperkingsreëls oortree het.

József Szájer (59) is Vrydagaand betrap toe hy by ’n geut van ’n gebou in Brussel probeer ontsnap het.

Volgens Belga News Agency het die polisie op ’n groep kaal mans in die woonstel afgekom.

Volgens BBC News het hy nie sy identiteitsdokument by hom gehad nie en het hy homself as ’n Hongaarse parlementslid voorgestel. Szájer is ook met ’n Ecstasy-pil in sy rugsak betrap. Hy het egter ontken dat hy enige dwelmmiddels gebruik het.

’n Ondersoek is nou onderweg vir verontagsaming van die inperkingsmaatreëls asook wette oor dwelms.

Szájer het Sondag as parlementslid bedank en in ’n verklaring om verskoning gevra dat hy België se inperkingsmaatreëls oortree het.

Bronne: BBC News, The Samford Crimson, Brussels Times

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *