Liggaam van vermiste lewensredder (23) gevind

Deel hierdie storie / Share this story

MUIZENBERG. – Thokozani Mthethwa (23) wat Saterdag van ’n reddingslee afgeval het se liggaam het Maandagoggend tussen Sonwabe- en Sunrise-strand uitgespoel.

Onder die water in verdwyn

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid van gemeenskapsdienste en gesondheid, sê paramedici het hom op die toneel dood verklaar. Mthethwa het Saterdag van ’n reddingslee afgeval wat deur ’n jetski gesleep was. Lewensredders het ’n sweefskiër bygestaan wat in die moeilikheid was. Hy het 100 m van die kus van die slee afgeval en onder die water in verdwyn.

Badroodien het sy medelye met Mthethwa se familie en vriende betoon.

Volg FiND iT hier.