DURBAN. – Die familie van die vermiste Nhlakanipho Myeza (26) was geskok toe hulle uitvind sy liggaam lê na bewering al vir meer as ’n jaar in die staatslykhuis.
Sedert verlede jaar Junie vermis
Myeza is al sedert verlede jaar Junie vermis. Die familie het ook glo uitvind daar was ’n ‘klein armlastige begrafnis’ vir hom gehou omdat niemand hom geïdentifiseer het nie. Volgens Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die ondersoekbeampte alle moontlike leidrade gevolg om die familie van die oorledene op te spoor, maar die pogings was onsuksesvol.
Aangerand
Volgens IOL vermoed die familie hy is deur ’n taxibaas aangerand omdat hy daarvan beskuldig word dat hy van dié baas se huis gesteel het.
Verdere ondersoeke en DNA-toetse sal volg.
Volg FiND iT hier.



