So lyk Suid-Afrika se spesiale R5-muntsstuk

Deel hierdie storie / Share this story

Twee nuwe spesiale munte sal binnekort in Suid-Afrika beskikbaar wees. ‘n Splinternuwe R5-munt word in 2021 bekendgestel om die Reserwebank se eeufees te vier.

Spesiale herdenkingsmun

Die een muntstuk sal ’n geldige betaalmiddel wees en die ander een is ‘n spesiale herdenkingsmunt van silwer en goud vir versamelaars. Ses ouer munte sal op die nuwe munt uitgebeeld word. Die versamelmunt sal ook heelwat groter as die ander munt wees.

Minister van finansies

Die woorde “uMzantsi Afrika” in 10 taleis op die nuwe muntstuk aangebring. Tito Mboweni, minister van finansies, sê die nuwe muntstuk kan vanaf 1 Januarie 2021 as ’n geldige betaalmiddel gebruik word.

Volg FiND iT hier.