April 19, 2021

Rebel Wilson wys haar nuwe lyf

Foto: Instagram

Die Pitch Perfect-aktrise wat bekend geraak het as “fat Amy” het met haar nuwe maer lyf op Instagram gespog.

Rebel Wilson wou dié jaar 20 kg afskud om haar doelgewig van 75 kg te bereik. Sy het die naweek op Instagram aangekondig sy het haat doelwit ’n maand vroeër behaal. By die inskrywing het sy geskryf dit gaan nie net oor gewig nie, maar ook om gesond te lewe.

Dieet met meer proteïene

Wilson het aan die begin van die jaar aangekondig sy gaan ’n “jaar van gesondheid” aanpak. Deur die loop van haar gewigsverliesreis het sy haar aanhangers gereeld op hoogte van haar vordering gehou. Sy het ook erken haar vorige dieet het meestal uit koolhidrate bestaan, maar deesdae eet sy meer proteïene.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: