Ma en seun in huis oorval en aan boom vasgemaak

Deel hierdie storie / Share this story

BRITS – ‘n Ma (50) en haar seun (20) is met ’n stok geslaan en met toue aan ’n boom vasgebind toe inbrekers Saterdagoggend by hulle huis op ’n hoewe in Brits toegeslaan het.

Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê die seun het by sy ma gekuier toe hy om 01:50 wakker gemaak is toe die rowers toegang tot die huis gekry het.

Die seun het geringe beserings opgedoen toe hy met ’n stok geslaan en toe saam met sy ma aan ’n boom vasgemaak is.

“Die seun kon homself mettertyd loswikkel en sy ma ook losmaak, waarna hulle na die bure se huis is om die polisie te ontbied,” sê Myburgh. “Die mans het glo met ’n gasstoof, elektriese toestelle, selfone en juwele weggekom.”