April 18, 2021

Drie brand in ongeluk dood

Foto: Verskaf

POLOKWANE. – Drie mense het doodgebrand toe ’n Mercedes Benz-minibus en ’n Nissan-bakkie gebots en aan die brand geslaan het.

Die twee voertuie het naby die Landdros Maré-afrit op die N1 gebots. Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in, sê twee insittendes van die minibus en die bakkie het onherkenbaar verbrand. Volgens Maringa is nog drie insittendes ernstig beseer en na ’n hospitaal vir behandeling geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: