April 19, 2021

Voetganger ernstig beseer in botsing

BELLVILLE. – ’n Man is vanoggend ernstig beseer toe hy deur ’n taxi by die Charl Malan- en Kerkstraat-kruising in Bellville in die Wes-Kaap getref is.

Paramedici van ER24 het om 09:05 op die toneel opgedaag en die taxi langs die pad aangetref. Die manlike voetganger was langs die taxi-bestuurder op die sypaadjie.

Na wat verneem word, het lede van die publiek die man onder die voertuig uitgehaal.

Paramedici het die man ondersoek en bevind hy het verskeie beserings opgedoen en was in ’n ernstige toestand.

Die man is behandel en pynstillers toegedien voordat hy na die Tygerberg-provinsiale hospitaal vir verdere sorg vervoer is.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: