Ministers vergader oor aanvalle op vragmotors

Deel hierdie storie / Share this story

Die ministers van arbeid en indiensneming, binnelandse sake, polisie, vervoer, staatsveiligheid en die premier van KwaZulu-Natal het vandeesweek vergader om ’n plan te beraam teen die toenemende aanvalle op vragmotors.

Dit volg ná minstens 13 aanvalle op vragmotors in die afgelope maand plaasgevind het.

Die departemente het in ’n verklaring gesê wetstoepassers fokus nou op sekere gebiede en daarom was daar in die afgelope week ’n paar inhegtenisnames.

“Die aanvalle is misdaad en die regering gaan die ekonomiese sabotasie geensins duld nie,” sê Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming. “Aanvalle op vragmotors wat goedere vervoer wat die lewensbloed van Suid-Afrika en die streek se ekonomie is, moet op die sterkste moontlike manier veroordeel word.”