April 18, 2021

Vyf polisiebeamptes in hegtenis geneem vir moord

JOHANNESBURG. –  Die polisie se ondersoekdirektoraat het vyf polisiebeamptes in hegtenis geneem nadat Jason Heyns, wat vroeër deur die beamptes in hegtenis geneem is, in die hospitaal oorlede is.

Heyns is na bewering vroeër die maand deur die beamptes aangerand en daarna in hegtenis geneem. Na die beweerde aanranding moes hy in die hospitaal vir sy beserings opgeneem word. Sewe dae daarna is hy in die hospitaal oorlede.

Nie aangemeld nie

Ndileka Cola, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat, het gesê die polisie het nie die saak by die direktoraat aangemeld nie, maar die familie het hulle in kennis gestel en ‘n ondersoek het gevolg. Cola sê die direktoraat het ’n indiepteondersoek gedoen wat gelei het tot die inhegtenisneming van die vyf beamptes.

Volgens Cola is die polisiebeamptes gister in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Vredenburg-landdroshof verskyn. Hulle staan tereg ​​op ‘n aanklag van moord.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: