April 19, 2021

Vrou ontwerp inkleurprent vir volwassenes teen plaasmoorde

Rozrysowana Mamma (35), bekend as Izabela KS, ’n bekende kunstenaar van Pole, stal al vir drie jaar haar kunswerke op haar Instagram-profiel uit. Sy het ongeveer twee jaar gelede begin om inkleurbladsye vir oud en jonk te ontwerp.

Bekommerd oor Suid-Afrika

“My vriend Maritza woon op ’n plaas in Suid-Afrika en ek het alles gehoor van die plaasmoorde in Suid-Afrika, die wreedheid en sinnelose moorde. Ek het begin om artikels te lees en ek dink ek verstaan ​​die situasie in RSA nou ’n bietjie beter. Ek is baie bekommerd oor Suid-Afrikaanse mense. Ek wens hulle kon ’n welvarende, wonderlike land saam bou.”

Inkleurprent teen plaasmoorde

Izabela het ’n inkleurprent teen plaasmoorde ontwerp. “Elke persoon verdien om met waardigheid te kan leef en elke kind verdien om in die aand in die arms van hul ouers aan die slaap te kan raak en veilig te voel.”

Jy kan Izabela se Facebook-bladsy hier besoek.

Daar is ook inkleurgroep vir volwasse op Facebook, Beyond Crayons, wat groot kwessies soos plaasmoorde, borskanker, outisme, kinderloosheid en so voorts aanpak. Jy kan hier aansluit.

Die Facebook-groep is twee jaar gelede deur Maritza Meiring en Hannelie Kelly begin met die doel om ander te help.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: