Perlemoenstropers kry jarelange tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

WESTERN-CAPE. – Twee perlemoenstropers, waarvan een reeds tronkstraf uitdien, Denver Langehoven (45) en Solomon Sauls (48), is in die streekhof in Kaapstad gevonnis.

Tronkstraf

Zinzi Hani, polisiewoordvoerder, sê Langehoven is tot 14 jaartronkstraf vir die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, tien jaar op 385 aanklagte van oortreding van die Wet op Lewende Hulpbronne vir Marine en drie jaar weens bedrog gevonnis.

Hani sê Saul, wat reeds tronkstraf uitdien het, sal 14 jaar gevangenisstraf uitdien, aangesien die vonnisse gelyktydig uitgedien word.

Volg FiND iT hier.