DURBAN. – ’n Baba is Woensdagmiddag in die oThongathi-area gevind. Die babadogtertjie was netjies in ’n pienk uitrusting geklee en in ’n kombersie met gekleurde sterre op toegedraai.
Na hospitaal geneem vir behandeling
Paul Herbst, IPSS Medical Rescue se woordvoerder, het aan IOL gesê die baba is vermoedelik deur ’n verbyganger gehoor huil. Herbst sê die baba is na MediClinic Victoria-hospitaal geneem vir behandeling. Hy sê die nodige owerhede is in kennis gestel van die voorval.
Kinderverlating
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens Gwala is ’n saak van kinderverlating by die Tongaat-polisiekantoor geopen.
Volg FiND iT hier.



